DIE EENSAME KROKODIL
Die krokodil se hart is seer
Kom ons vra hom wat makeer
Hy’s te yslik groot en lank
Om so te lê en tjank
Ek is ‘n eensame krokodil
Mense kyk vir my en gril
Ek soek maters hoog en laag
Maar almal sê ek vreet te graag
Stilletjies hier op my plek
Kyk hoe mooi en soet is ek
Kom maar nader want ek hou
Elke oomblik meer van jou
O krokodil, jy wil my vang
Maar ek is vir jou te bang
Kennis maak op jou manier
Nee weg is ek, totsiens ou dier
Reviews for Die Eensame Krokodil