Warning: Constant DISABLE_WP_CRON already defined in /home/moederli/public_html/wp-config.php on line 91
Die Duisendpoot – MoederLiefde
  • Type:
  • Genre:
  • Duration:
  • Average Rating:

Die Duisendpoot


DIE DUISENDPOOT
Pasop! Pasop vir die duisendpoot!
As hy jou byt lag jy jou dood.
Hy byt klein Jannie op ‘n dag:
Daar kry die kind die lekkerlag.
Dit kielie hier,
Dit kielie daar,
Dit kielie oral aanmekaar.
Sy voetsool, neus,
sy hart se sak,
Dit kielie in sy kieliebak.
Sy mond rek wyd,
sy tande wys,
Hy kry inwendig hoendervleis.
Hy rol, hy krul,
hy hou sy maag.
Ha-ha!
Daar skeur sy hemp se kraag.
Ho-ho!
Daar klap sy boonste knoop.
Hie-hie!
Daar vlieg sy baadjie oop.
Sy are swel,
sy kleur word blou;
Die lagbui word ‘n wolkbreuk nou.
Sy vader skrik:
“My liewe tyd –
vanwaar nou die lagsinnigheid?”
Sy moeder kerm:
“Ag, wat is dit?
Nog nooit had hy die ritteltit?”

Reviews for Die Duisendpoot

There are currently no reviews for Die Duisendpoot
Scroll to top