OUMA
Ek hou daarvan om saam met ouma te loop
Haar treë is kort soos myne
Sy sê nie: “Loop vinniger” nie en
Sy vat altyd haar tyd.
Ek hou daarvan om saam met ouma te loop
Haar oë sien soos myne;
Die klein klippies op die pad, ‘n mooi wolk of
dou druppels op die blare raak.
Die meeste mense loop vinnig;
Hulle stop glad nie om te kyk.
Ek is so bly die Here het my ouma gemaak;
Stadig en jonk soos ek!
Reviews for Ouma