REËN
Dis tog te lekker as die reën
so drup-drup op die blare,
En die druppels hang oos pêrels
aan ons toutjierige hare.
As dit weer buite skoon is
en al die slote loop,
Dan kan ons tog te heerlik
ons voete daarin doop.
Mammie sê ons kinders
moet liewer binne bly.
Want as ons natreën,
sal ons dalk kwaai verkoue kry.
Maar wat van al die bome
wat altyd buite bly?
Nog nooit het ek gehoor
dat een ‘n seerkeel kry!
Reviews for Reën