DIE GOUE SLEUTELTJIE
As ek ‘n goue sleuteltjie
In die hande kry
Dan sluit ek al die koutjies oop
En laat die voëltjies vry.
En sluit ook ons ou koskas oop
Waar Ma die koek in hou
En allerhande lekker goed
Waaraan ek graag wil kou.
Maar ons ou skooldeur sluit ek toe!
So styf as jy kan dink –
Die sleutel gooi ek in die see
Om diep daar weg te sink!
Reviews for Die Goue Sleuteltjie