AS BOETIE BAD
As boetie bad is alles nat
Wat in die kamer staan.
Die water spat ‘n breë boog
Tot teen die drumpel aan.
Die kat dra gou haar kleintjies weg
En Sussie gryp haar pop.
Ou Wagter loer net een slag skuins
En soek die tuintjie op.
(A.G. Visser)
Reviews for As Boetie Bad