• Type:
  • Genre:
  • Duration:
  • Average Rating:

Month: May 2021

MAKLIKE EN HEERLIKE ROOMYS RESEP.

1 x 397g blik kondensmelk
125ml water
5ml vanilla
250ml vars room
Metode:
Meng die kondensmelk, water en vanilla in ‘n 2 liter houer. Verkoel 1 uur lank. Klits die room styf en vou by die verkoelde mengsel in. Plaas in die koudste deel van die vrieskas. Verwyder die roomysmengsel uit die vrieskas wanneer ‘n rand van 25mm bevrore is. Klop die mengsel om die bevrore deeltjies deur die mengsel te versprei. Plaas vir minstens 4 uur in die vrieskas tot bevrore. Jy kan jou eie geure maak.
Die Poeding Klub

HEERLIKE BACON EN RYS GEREG

• 2 koppies gaar rys
• 1 groot uie gekap
• 1/2 koppie ertjies (gevries)
• 1/2 koppie mielies (gevries)
• 2 hoender borsies in blokkies gesny
• 250g bacon in stukkies gesny
• 1/2 groen,geel en rooi soet rissie
• 1 pakkie potato bake

METODE:

  1. Braai uie mooi bruin en gaar en sit soet rissies by.
  2. Voeg dan die hoender en die bacon by – braai alles tot gaar.
  3. Sit gevriesde groente in met klein bietjie water (dit kook gou gaar).
  4. Meng nou alles saam met die rys.
  5. Maak potato bake aan met n bietjie melk, kook
    saam met die mengsel.
  6. Skep in gesmeerde bak, sprinkel kaas oor en bak in oond tot kaas mooi gesmelt is.
  7. Bedien met n groen slaai.
Scroll to top